Inspiring magical childhood journeys with caring stories and handcrafted toys

We ship internationally! We ship internationally!

Sit stil soos ‘n Dassie – kinder oudio-boek en eBoek

$ 7.00

‘n Storie oor rustig raak.

Somtyds kan ons onsself in die sop laat beland wanneer ons oorweldig word en doen voordat ons dink. Hierdie kinder eBoek illustreer ‘n manier om rustig te raak wanneer ons oorweldig voel, en is ‘n nuttige inleiding tot meditasie vir kinders.

Hierdie storie is ideaal vir kinders tussen 4 en 9 jaar oud.

Hierdie is nie ‘n fisiese produk nie – jy sal ‘n e-pos met skakels na die aflaaibare lêers ontvang sodra jy hierdie produk aangekoop het. Vind meer uit oor die lêers wat ingesluit word in die produk-beskrywing hieronder.

Description

Hierdie geïllustreerde kinder oudio-boek en eBoek is gemik daarop om kinders wat oorweldig voel te help om rustig te word.

Klein Uiltjie voel hartseer en kwaad en bang – alles op een slag. Hy besluit om weg te vlieg, maar gou is hy moeg en verdwaal. Dan wys iemand vir hom hoe om beter te voel!

Lees alles oor die nuttige manier om rustig te word wat Klein Uiltjie in hierdie storie ontdek.

Die storie en illustrasies is deur Liesl van der Hoven.

Spelterapeut Lenka de Villiers-van Zyl het as raadgewer opgetree ten opsigte van die storie sowel as die nuttige vrae wat ons in ‘n aparte dokument ingesluit het. Hierdie vrae sal ouers, onderwysers en terapeute help om die idees wat in die storie genoem word, te bespreek.

Teken in op ons nuusbrief en ontvang ook toegang tot ons biblioteek vol kreatiewe, aflaaibare hulpbronne (sommige verwant aan hierdie storie) om tuis, by die skool, of as deel van terapie te gebruik.

Besonderhede oor hierdie eBoek:

Uitgewer: Fairy Caravan
Taal: Afrikaans

Sodra jy jou aankoop voltooi het, sal jy ‘n e-pos ontvang met die volgende:

  • ‘n Skakel na die aanlyn storie-bladsy (Geïllustreer in volkleur, kan op enige elektroniese toestel gesien word)
  • Drukbare storie-PDF (A4 grootte, Geïllustreer in volkleur)
  • Oudio-boek lêer in Afrikaans (MP3 formaat)
  • Drukbare storie-vrae vir bespreking

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sit stil soos ‘n Dassie – kinder oudio-boek en eBoek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also like…

0

Your Cart