Inspiring magical childhood journeys with caring stories and handcrafted toys

Kinderboek oor Angstigheid: Hoe om kommer-goggas mak te maak

Rated 5.00 out of 5 based on 2 customer ratings
(2 customer reviews)

R139.95

‘n Kleurvol geïllustreerde kinderboek om kinders met angstigheid te help. Die storie en illustrasies is deur Liesl van der Hoven.

Spelterapeut Lenka de Villiers-van Zyl het as raadgewer opgetree om die oefeninge wat in die storie ingesluit is, te ontwikkel. Sy het ook die gidsafdeling vir ouers geskryf. 

Hierdie storie is ideaal vir kinders tussen 4 en 9 jaar oud.

6 in stock

SKU: Kommer-goggas001 Categories: ,

Description

Kiki die klipspringer is angstig oor ’n skoolpiekniek waarheen sy moet gaan. Sy bekommer haarself oor alles wat moontlik verkeerd kan gaan, in plaas daarvan om uit te sien na ’n opwindende dag saam met haar maatjies.

Sal haar gewone manier om angstigheid te hanteer haar help, of meer probleme veroorsaak?

Lees meer oor die nuttige maniere om angstigheid te hanteer wat Kiki in hierdie storie ontdek.

Vind ook ’n gidsafdeling vir ouers oor hoe om kinders met angstigheid te ondersteun agter in hierdie boek.

Besonderhede oor hierdie boek:

Sagteband: 32 bladsye
Uitgewer: Fairy Caravan (Oktober 2018)
Taal: Afrikaans
ISBN-13: 978-0-6399641-1-9
Produk Dimensies: 148mm x 207mm (+/- A5 Grootte)

 

2 reviews for Kinderboek oor Angstigheid: Hoe om kommer-goggas mak te maak

  1. Rated 5 out of 5

    Jomari, mamma vir Anri(4) en Ané(2)

    ‘n Lekker saamlees storie, net reg om storietyd ‘n spesiale oomblik saam met jou kind te maak.

  2. Rated 5 out of 5

    Karin, mamma vir Laura (8)

    Die kommer-goggas is baie slim geteken sodat hulle nie te vreesaanjaend is nie. Die storie is ‘n goeie werklike voorbeeld en nie net ‘n rustige morele sprokie nie.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0

Your Cart