Inspiring magical childhood journeys with caring stories and handcrafted toys

Kiki en die nagmerrie – eBoek en oudio-boek vir kinders

R69.95

‘n Storie oor hoe om nagmerries weg te hou.

Nagmerries is skrikwekkend en maak kinders bang vir die donker en om te gaan slaap. Maar wat as ons die skoonheid van die sterre en vuurvliegies ontdek wat net na donker uitkom om te speel? Wat as ons ‘n klein maatjie kon hê wie na ons kyk terwyl ons slaap, en nagmerries weghou?

Hierdie storie is ideaal vir kinders tussen 4 en 9 jaar oud.

Hierdie is nie ‘n fisiese produk nie – jy sal ‘n e-pos met skakels na die aflaaibare lêers ontvang sodra jy hierdie produk aangekoop het. Vind meer uit oor die lêers wat ingesluit word in die produk-beskrywing hieronder.

R69.95 (Suid-Afrikaanse Rand) is gelyk aan ongeveer $5 (USD)

Description

Hierdie geïllustreerde eBoek en oudio-boek vir kinders is gemik daarop om kinders met nagmerries te help.

Kiki wil nie gaan slaap nie. Sy is bang vir die donker, want dit is wanneer die nagmerrie haar kom bangmaak. Een aand met bedtyd, besluit sy om te gaan wegkruip eerder as om te gaan slaap. Maar dan maak sy ‘n nuwe maatjies wie haar wys dat daar niks is om voor bang te wees na donker nie!

Lees alles oor die ontdekkings wat Kiki maak in hierdie storie.

Die storie en illustrasies is deur Liesl van der Hoven.

Spelterapeut Lenka de Villiers-van Zyl het as raadgewer opgetree ten opsigte van die storie sowel as die nuttige vrae wat ons in ‘n aparte dokument ingesluit het. Hierdie vrae sal ouers, onderwysers en terapeute help om die idees wat in die storie genoem word, te bespreek.

Teken in op ons nuusbrief en ontvang ook toegang tot ons biblioteek vol kreatiewe, aflaaibare hulpbronne (sommige verwant aan hierdie storie) om tuis, by die skool, of as deel van terapie te gebruik.

Besonderhede oor hierdie eBoek:

Uitgewer: Fairy Caravan
Taal: Afrikaans

Sodra jy jou aankoop voltooi het, sal jy ‘n e-pos ontvang met die volgende:

  • ‘n Skakel na die aanlyn storie-bladsy (Geïllustreer in volkleur, kan op enige elektroniese toestel gesien word)
  • Drukbare storie-PDF (A4 grootte, Geïllustreer in volkleur)
  • Oudio-boek lêer in Afrikaans (MP3 formaat)
  • Drukbare storie-vrae vir bespreking

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kiki en die nagmerrie – eBoek en oudio-boek vir kinders”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0

Your Cart