Inspiring magical childhood journeys with caring stories and handcrafted toys

Fantine en die Feetjie Babas – kinder eBoek en oudio-boek

R69.95

‘n Storie oor jou eie manier van help.

Een vir een wys die feetjies Fantine se aanbod om hulle te help met die versorging van die Feetjie Babas van die hand. Fantine voel hartseer, totdat sy ‘n manier ontdek waarop sy vir almal kan wys dat sy tog goed is daarmee om te help!

Hierdie storie is ideaal vir kinders tussen 4 en 9 jaar oud.

Hierdie is nie ‘n fisiese produk nie – jy sal ‘n e-pos met skakels na die aflaaibare lêers ontvang sodra jy hierdie produk aangekoop het. Vind meer uit oor die lêers wat ingesluit word in die produk-beskrywing hieronder.

R69.95 (Suid-Afrikaanse Rand) is gelyk aan ongeveer $5 (USD)

Description

Hierdie geïllustreerde kinder eBoek en oudio-boek is gemik daarop om kinders te help om hulle eie unieke vaardighede te ontdek en hulle sin vir eiewaarde te verbeter.

Fantine wil regtig graag haar feetjie-maatjies help om die Feetjie Babas te versorg. Maar die feetjies is te besig om hulle aan Fantine te steur. Dan ontdek sy dat sy op haar eie manier kan help…

Lees alles oor Fantine se unieke manier van help in hierdie storie

Die storie en illustrasies is deur Liesl van der Hoven.

Spelterapeut Lenka de Villiers-van Zyl het as raadgewer opgetree ten opsigte van die storie sowel as die nuttige vrae wat ons in ‘n aparte dokument ingesluit het. Hierdie vrae sal ouers, onderwysers en terapeute help om die idees wat in die storie genoem word, te bespreek.

Teken in op ons nuusbrief en ontvang ook toegang tot ons biblioteek vol kreatiewe, aflaaibare hulpbronne (sommige verwant aan hierdie storie) om tuis, by die skool, of as deel van terapie te gebruik.

Besonderhede oor hierdie eBoek:

Uitgewer: Fairy Caravan
Taal: Afrikaans

Sodra jy jou aankoop voltooi het, sal jy ‘n e-pos ontvang met die volgende:

  • ‘n Skakel na die aanlyn storie-bladsy (Geïllustreer in volkleur, kan op enige elektroniese toestel gesien word)
  • Drukbare storie-PDF (A4 grootte, Geïllustreer in volkleur)
  • Oudio-boek lêer in Afrikaans (MP3 formaat)
  • Drukbare storie-vrae vir bespreking

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Fantine en die Feetjie Babas – kinder eBoek en oudio-boek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0

Your Cart