Inspiring magical childhood journeys with caring stories and handcrafted toys

Cara word kwaad – oudio-boek en eBoek vir kinders

R69.95

‘n Storie oor kwaad voel.

Somtyds kan ons onsself in die moeilikheid laat beland wanneer ons kwaad voel en optree voordat ons dink. Hierdie kinder-eBoek wys ons dat ons nie altyd die beste besluite maak wanneer ons kwaad is nie, maar gelukkig eindig alles goed – danksy Cara se maatjies!

Hierdie storie is ideaal vir kinders tussen 4 en 9 jaar oud.

Hierdie is nie ‘n fisiese produk nie – jy sal ‘n e-pos met skakels na die aflaaibare lêers ontvang sodra jy hierdie produk aangekoop het. Vind meer uit oor die lêers wat ingesluit word in die produk-beskrywing hieronder.

R69.95 (Suid-Afrikaanse Rand) is gelyk aan ongeveer $5 (USD)

Description

Hierdie geïllustreerde oudio en eBoek vir kinders wys dat dit oukei is om kwaad te word, maar dat ons nie haastige besluite moet maak terwyl ons kwaad voel nie.

Cara is vies vir haar maatjies. Hulle het begin baklei toe hulle ‘n klein bootjie rivier-af wou roei. Sy loop en sis en blaas, maar dan kry sy ‘n idee: Sy sal die bootjie alleen river-af neem!

Lees meer oor Cara se avontuur en wat sy leer oor kwaad word in hierdie storie.

Die storie en illustrasies is deur Liesl van der Hoven.

Spelterapeut Lenka de Villiers-van Zyl het as raadgewer opgetree ten opsigte van die storie sowel as die nuttige vrae wat ons in ‘n aparte dokument ingesluit het. Hierdie vrae sal ouers, onderwysers en terapeute help om die idees wat in die storie genoem word, te bespreek.

Teken in op ons nuusbrief en ontvang ook toegang tot ons biblioteek vol kreatiewe, aflaaibare hulpbronne (sommige verwant aan hierdie storie) om tuis, by die skool, of as deel van terapie te gebruik.

Besonderhede oor hierdie eBoek:

Uitgewer: Fairy Caravan
Taal: Afrikaans

Sodra jy jou aankoop voltooi het, sal jy ‘n e-pos ontvang met die volgende:

  • ‘n Skakel na die aanlyn storie-bladsy (Geïllustreer in volkleur, kan op enige elektroniese toestel gesien word)
  • Drukbare storie-PDF (A4 grootte, Geïllustreer in volkleur)
  • Oudio-boek lêer in Afrikaans (MP3 formaat)
  • Drukbare storie-vrae vir bespreking

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Cara word kwaad – oudio-boek en eBoek vir kinders”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0

Your Cart